Hoërskool Ermelo tennisspeler vaar uitstekend by tennis-toernooi
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo tennisspeler vaar uitstekend by tennis-toernooi. Baie geluk aan Henning Romijn, graad 8-leerder van EHS, wat van 18 tot 21 Maart aan die MP Sonpark Shopping Center Grand Prix te Nelspruit deelgeneem het vir seuns o.14. Henning wen vier uit vyf enkelwedstryde. Hy en sy dubbels-spanmaat, Whian Du Plessis, wen ook die dubbel-kompetiesie. Henning gaan aan die Interprovincial Tennis Tournament deelneem van 25 tot 29 Maart in Pretoria, asook aan die Growth Point TSA JUNIOR Nationals van 6 tot 11 April in Bloemfontein. Die Erries is besonder trots op Henning en wens hom alle voorspoed toe vir die komende kompetisies.
Henning Romijn










