Laerskool Aliwal-Noord se Familiedag
ADVERTISEMENT
21 Oktober 2022… hou Alies hul eerste Familiedag. Die graad 4-7 leerders het deelgeneem aan die entrepreneursdag wat plaasgevind het. Pragtige, kleurvolle stalletjies is deur opgewonde “sakemanne en -vroue” beman.
Rose, biltong, vetkoek, lekkergoed, “bubble-tea”, haarrekkies, slaan ‘n yskas, toutrek, raai-raai watter sleutel pas, alles goedjies wat jy net by die Alies Familiedag kon koop of speel. “You never lose in business. Either you win or you learn.”
– Melinda F. Emerson



















