HS Garsfontein se Robotika-span nommer een in SA
ADVERTISEMENT
Garsies se Robotika-span bestaande uit Bennie van Eeden, Diederik de Bruin en Nathan Naudé het ‘n eerste plek tydens die nasionale kampioenskap van die Wêreld Robotika Olimpiade (WRO) in Randburg behaal.
Al drie dié leerlinge is in graad nege. Tydens die kampioenskap moes hulle ‘n robot programmer en bou wat in twee en ‘n half minute soveel punte as moontlik op die baan moes insamel.
Hul robot het briljante 123 punte uit ‘n moontlike 155 punte behaal.
Die span se naam tydens die nasionale kampioenskap was die Occums Razor – met die idee dat, om iets te probeer verstaan, word onnodige inligting eenkant toe geskuif, wat dan die vinnigste manier is om by die waarheid uit te kom. En dit is presies wat hulle met hul robot vermag het
Ons is baie trots op die drie seuns. Hulle spandrag was deur Eduvos geborg.
Die span het danksy die oorwinning ‘n uitnodiging ontvang om later vanjaar van 17 tot 22 November in Dortmund. Duitsland aan die internasionale eindronde van die WRO deel te neem.
#GarsieRobotika #WorldRobotikaOlympiad #Robtika #GarsieTrots
Nathan Naudé, Bennie van Eeden en Diederik de Bruin










