5 Hoërskool Ferdinand Postma spanne dring deur na die liga finaal
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ferdinand Postma se Rugby- en Netbalspanne neem deel aan die Bayer Liga. Die leerders in hierdie spanne het wonderlik gevaar in vanjaar se liga, en 3 van die spanne het deurgedring na die liga finaal wat 11 Junie te Koster plaasvind. Die eerste rugbyspan het ‘n mooi oorwinning behaal teen Orkney op tuisgrond waar hulle vir Orkney 48-5 verower het. Die seuns en hulle hoofafrigter, Mnr Joe Seerane sien baie uit na die finaal wat voorlê op Koster, teen Koster.
Twee van die netbalspanne het ook deurgedring na die finaal. Die eerstespan en so ook die o.15 span. Elkeen van hierdie spanne het ‘n puik seisoen agter die rug, en ons almal sien baie uit na die komende naweek se finaal! Die eerstespan ontmoet vir Stella op die baan, en die o.15’s vir Orkney.
Die tweede- en derdenetbalspanne speel beide uit vir derde en vierde plekke in vanjaar se liga. Verder het beide die skool se dogtershokkiespanne, die eerstespan en die o.15 span, deurgedring na die semi-finaal wat ook 11 Junie by die NWU se Potchefstroomkampus se Astrobane plaasvind.

















