Skitter SA Tweekamp prestasies vir Voorbereidingskool George
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Stian Terblanche, Avah Spies en Clara Hoepfner met hul deelname aan die SA Tweekamp Kampioenskappe in Oudtshoorn. Hierdie drie Voorbereidingskool George atlete het met trots die skool en streek verteenwoordig en uitstekende prestasies behaal:

- Stian Terblanche het ’n 19de plek in die o.11 seuns behaal. Hy was ook deel van die Voories- en Laerskool Outeniqua-skolespan wat ’n algehele 3de plek behaal het, asook deel van die Eden provinsiale span wat ’n 4de plek verower het.
- Avah Spies het deelgeneem in die o.11 afdeling en was deel van die Voorbereiding/Outeniqua-span wat ’n algehele 3de plek behaal het.
- Clara Hoepfner het in die o.9 afdeling deelgeneem en baie goed presteer – ons is ongelooflik trots op haar!

By Voories glo ons daarin om nie net akademies te groei nie, maar ook fisies en geestelik te ontwikkel. Hierdie prestasies getuig van deursettingsvermoë, dissipline en ’n ware liefde vir sport.











