HTS John Vorster kook by die Spelling Bee 2022
ADVERTISEMENT
Op 17 Mei 2022, neem HTS John Vorster deel aan die Spelling Bee te Overkruin – ‘n kompetisie wat laas in 2019 plaasgevind het. HTS John Vorster is een van 53 skole wat die aand kom kragte meet het om te kyk wie kan nou werklik die beste spel!
Vier Graad 9-leerders van HTS John Vorster nl. Christie Venter, Minieke Swart, Jayden Liversage en Hugo Kruger het die JV-vaandel hoog gehou. Na ‘n titaniese spelling-stryd wat deelnemers “on the edge of their seats” gehou het, behaal Minieke Swart ‘n uitmuntende algehele Tweede plek. Ons is uiters trots op al vier ons JV’s: hulle het uitstekend gevaar, veral vir ‘n heel eerste poging. Dankie ook aan oulike JV-ouers en ‘n entoesiastiese Juf. Carla Bruyns!
![]()










