2022 Hoër Jongenskool Paarl Krieketfees
ADVERTISEMENT
Vanaf 7 tot 10 Januarie neem 42 skole krieketspanne aan die 2022 HJS Krieketfees deel. Nie minder nie as 22 topskole in Suid-Afrika se o.19A en o.15A spanne sal in aksie wees in die krieketfees. Ingesluit in die 22 skolespanne is twee uitnodigingspanne, een van Kathu in die Noord-Kaap asook ‘n Boland uitnodigingspan. Vir die doel word 21 krieketvelde in die Boland en omgewing ingespan om vir die vier dae van die fees die aksie te huisves. Sit sal sorg vir meer as 80 wedstryde oor vier dae. Supersport Schools het onderneem om die meeste van die o.19A wedstryde regstreeks te beeldsend.
Volgens die organiseerder, Frans Cloete van HJS Paarl, bied die krieketfees vir elke speler die geleentheid om sonder die druk van ‘wen teen alle koste’ vir vier dae al die vorme van skolekrieket te geniet in die pragtige Boland. Die afrigters en spanbestuur word ook oor die vier dae ordentlik onthaal op tipiese Bolandse gasvryheid. HJS se skoolhoof, mnr Derek Swart, het bygevoeg ” ‘n besondere welkom aan alle spelers en personeel wat deelneem aan die HJS Krieketfees. Ons betuig ons diepe dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader vir hierdie talentvolle jong manne en vir die pragtige omgewing waar ons ons sport kan beoefen.” Die fees skop af met ‘n funksie Donderdagaand vir al die afrigters en personeel by HJS se sportgronde, Buco Brugstraat. Al die inligting rakende wedstrydbepalings, uitslae, spanne en die Supersport Schools skedule kan op die HJS Krieketfees Facebook bladsy gevolg word.











