Hoërskool Diamantveld is die Krieketkampioene in Bloemfontein
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Diamantveld eerstespan krieket wat as die kampioene van die Bloemfontein-liga gekroon is ná ‘n oorwinning oor Jim Fouché in die finaal!
Ons het eerste geboul en Jim Fouché tot slegs 90 lopies beperk. Arno Mostert was uitmuntend met die bal en het 5 paaltjies geneem vir slegs 14 lopies.
Ons het die teiken met gemak met die kolf gejaag en dit in die twaalfde boulbeurt behaal. Tiaan Coetzee het ‘n uitstekende beurt gespeel en 50 lopies van 34 balle aangeteken.
Diamantveld wen die finaal én die Bloemfontein-liga met 9 paaltjies.Uitstekend gedoen, manne!










