Worcester-Noord Primêre Skool toneelgroep het omtrent die gehoor betower met hul opvoering
ADVERTISEMENT
Die Worcester-Noord Primêre Skool toneelgroep het in Kwartaal drie per uitnodiging by HTS Drostdy se toneelaand opgetree. Ons Noordjies het omtrent die gehoor betower met ‘n “trending” onderwerp gebaseer op die ou sprokiesverhaal, Aspoestertjie. Baie geluk aan juffrou Brenda en elke Noordjie wat betrokke was gisteraand. Weereens baie dankie aan @karlebrie vir die skryf van hierdie toneelstuk. Dankie ook aan Drostdy wat vir ons die geleentheid gebied het om by hierdie aand op te tree. Ons is beslis ekstra trots om ‘n Noordjie te wees!













