Witteberg krieketspelers opgeneem in Provinsiale spanne
ADVERTISEMENT
‘n Groot totaal van 14 krieketspelers van Hoërskool Witteberg is in verskeie provinsiale krieketspanne ingesluit.
8 seuns en 6 dogters is na die eerste rondte proewe in die Thabo Mofutsanyana spanne ingesluit.
Die afgelope naweek (23-25 Sept) het die agt seuns aan die Platteland proewe in Sasolburg deelgeneem waarvan vyf uit die agt deurdring na die Vrystaatproewe.
Die ses dogters en die vyf seuns sal Witteberg gedurende die Oktober vakansie by die Vrystaatproewe in Bloemfontein verteenwoordig.
Witteberg se eie Mnr. Leonard Jacobs is aangewys as die afrigter van die o.16 Vrystaat Plattelandspan.
Die volgende leerders is in die TBM spanne ingesluit:
o.19 Seuns
- Dries Stemmett
- Stephan Geldenhuis
- Ruan Barnard
- Mike Smit
o.16 Seuns
- Lesego Mosikidi
- Johan Vorster
- Dumisani Johnson
- MC Smith
o.19 Dogters
- Leozé Lottering
- Amy Kotzé
- Evané du Toit
- Ziané Lottering
- Petra Steinmann
- Zané Wessels
Die volgende seuns is ingesluit in die Vrystaat platteland span wat deurdring na die Vrystaat proewe:
o.19
- Dries Stemmett
- Stephan Geldenhuis
o.16
- Johan Vorster
- Lesego Mosikidi
- Dumisani Johnson
Baie geluk aan elkeen van die leerders! Ons is trots op julle. Baie sterkte met die volgende rondte proewe! Ons glo in julle!
Mnr. Leonard Jacobs.
Seuns voor van links: Ruan Barnard, Stephan Geldenhuis, Dries Stemmett.
Agter van links: Lesego Mosikidi, Johan Vorster, MC Smit en Dumisani Johnson.
Dogters van links: Evané du Toit, Ziané Lottering, Leozé Lottering, Amy Kotzé, Petra Steinmann en Zané Wessels.










