Voorbereidingskool George swemmers laat hul drome en potensiaal in die water skyn
ADVERTISEMENT
Ses Voorbereidingskool George leerders het Saterdag in Knysna gaan deelneem aan die swemkompetisie en almal hul drome en potensiaal in die water laat skyn! Mikah Joubert (80 punte), Avah Spies (150 punte, baie 1ste plekke), Keziah Steyn (68 punte), Bastiaan Botha (120 punte, net 1ste plekke en ‘n nuwe rekord 2.39 sek. vinniger), William Laidlaw (17 punte) en Cullen Serfontein (51 punte) het gewys dat harde werk en toewyding beloon word. Ons is trots op elkeen van julle!










