Volkies vs Gimmies – Volkies se eerstespan rugbykaptein en afrigter gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan rugbykaptein van Volkies oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê, ons gesels ook met die afrigter. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Eerstespan Rugbyafrigters: Mighael de Beer, Johan Herbst, Chris Erasmus en Pietman van Niekerk. Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span? Die ouers en toeskouers kan `n harde game skole rugby vol passie vir ONS skool verwag. Ons gaan ons beste gee.
Hoe is die samestelling van die span vir die naweek? Enige beserings? Ons span het nie sterspelers in nie, maar speel goed as `n geheel saam. Op die dag gaan dit gaan oor wie dit wat hulle geoefen het, die beste kan toepas. Ons ouens speel vir mekaar.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Ons voorspelers is `n mooi groep en gee vir die agterspelers goeie bal. Ons trots lê daarin om kompiterend te wees met vaste fasette.
In jou opinie, wat is die eienskappe van `n goeie rugbyspeler? ‘n Goeie rugbyspeler is `n persoon wat perspektief kan hou wanneer dit moeilik gaan. Ek voel ook `n goeie rugbyspeler behoort `n goeie mens te wees, omdat jy op, en van die veld af, dieselfde behoort te wees.
Wat is jou filosofie as `n afrigter? My filosofie is dat rugby of enige sport soos die lewe is. Ek sien sport as `n vessel om die wêreld te verander en beter te maak, een jongmens op `n slag.
Is daar enige afrigters waarna jy opkyk? Andre Petoruis, Chris Erasmus en Swys de Bruin.
Wiaan Alberts
Eerstespan rugbykaptein: Wiaan Alberts
Wat is die hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver? Alhoewel ek aan baie hoogtepunte kan dink is daar een hoogtepunt wat ek nooit sal vergeet nie en dit was toe ek die voorreg gehad het om vir die eerstespan teen Gimmies tydens Volkie-Gimmie in Volkies se eeujaar te kon speel. Dit was vir my `n groot voorreg en eer. Dit was `n onvergeetlike dag en oorwinning.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer hulle deur te wys dat ek in elkeen van hulle glo. Ek probeer om `n goeie voorbeeld vir hulle te stel. Ek ondersteun waar ek kan of waar hulle my nodig het en probeer hulle help om hulle beste weergawe na vore te bring.
Wie is jou onderkaptein en hoe staan hy jou by? Andre Zeelie is die onderkaptein. Hy ondersteun my deur my keuses by elke oefening te “back”. Hy maak my rol as kaptein makliker omdat hy my help om die span op die veld te lei.
Waarna sien julle as n span uit die meeste hierdie jaar uit? Defnitief die Volkie-Gimmie Classic Clash!!! Ons is reg om uit te haal en te wys. Ons as span sien ook daarna uit om ons volle potensiaal en talent te ontwikkel en uit te leef.
Wie is jou gunstelling Springbok rugbyspeler en hoekom? As ek een moet kies is dit Pieter-Steph du Toit. Hy is my gunstelling rugbyspeler, omdat hy baie nederig is, hy doen die harde “donkey” werk wat almal nie altyd sien nie, maar wel `n groot verskil in die spel maak.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek los my toekoms in die Here se hande. Ek sal wel graag wil studeer.










