Volkies vs Gimmies – Volkies se eerstespan netbalkaptein en afrigter gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan netbalkaptein van Volkies oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê, ons gesels ook met die afrigter. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Eerstespan Netbalafrigter: Carina Uys. Wat kan die skool en ouers hierdie jaar by Volkie-Gimmie Classic Clash te wagte wees van julle span? Goeie kompeterende netbal waarin ons ons talente gaan gebruik na die beste van ons vermoë en tot eer en verheerliking van die Here.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar? Spanwerk.
Heloise Freeke
Eerstespan netbalkaptein: Heloise Freeke
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen sover? Die hoogtepunt van die seisoen was die liga-wedstryd teen KHS.
Hoe motiveer jy jou span? Ek motiveer hulle deur ‘n voorbeeld op die baan te stel, hoe ek met hulle voor elke wedstryd praat om hulle positief in te stel en om die talent wat God vir ons gegee het uit te leef.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Zanri Grobbelaar is ons onderkaptein. Sy is altyd bereid om te help sonder twyfel.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons wil baie graag ons jaar op ‘n hoogtepunt afsluit deur aan die SA-kampioenskappe (DSTV Challenge) deel te neem en ‘n goeie posisie te behaal. Wat my sal trots maak is dat ons met elke wedstryd ons beste sal gee, maak nie saak wat die resultaat is nie.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek wil in 2023 Sielkunde gaan studeer.










