Volkies vs Gimmies – Gimmies se eerstespan dogtershokkiekaptein en afrigter gesels met AWSUM
ADVERTISEMENT
AWSUM gesels met, eerstespan dogtershokkiekaptein van Gimmies oor hulle seisoen en die kragmeting wat voorlê, ons gesels ook met die afrigter. Lees die spesiale koerantuitgawe vir die toernooi hier.
Eerstespan Dogtershokkie Afrigter: Mitesh Makan (1st Team Girls Hockey Team)
What can the school and parents expect from your team this year at Gimmie-Volkie Classic Clash? They can expect a great team that has worked hard for 4 months on and off the field to put on a great hockey match.
Where is your strength as a team? Our unity as a team, structure and our ability to adapt to situations on the field. We are strong on attack and defend like trojans.
Danelle Goedhals
Eerstespan Dogtershokkiekaptein: Danelle Goedhals
Wat is die hoogtepunt van julle span se seisoen tot dusver? Om in die finaal van die Puk-reeks te speel en ‘n silwer medalje te verower.
Hoe motiveer jy jou span? Deur vir hulle erkenning te gee en om hulle aan te moedig om hulself te verbeter waar verbetering nodig is. Dit is belangrik en nodig om te hoor dat jy iets goed gedoen het en dit motiveer jou om aan te hou. Ek herinner hulle om nooit opte gee nie en aan te hou speel tot die laaste sekond, jy kan rus as jy klaar is. Ons het ook baie sosiale aksies as ’n span, om menswees beter te leer ken en te verstaan.
Wie is julle onderkaptein en hoe staan sy jou by? Irene Strydom is die onderkaptein, sy is altyd bereid om te help as dinge bietjie moeilik raak en wanneer ek nie in staat is om my werk behoorlik te kan doen nie, op en langs die veld, dan motiveer sy my altyd en help waar sy kan. Sy is regtig ’n spanmaat en vriendin op wie ek altyd kan reken.
Wat wil julle as `n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak? Ons hoofdoel is om die liga te wen en by Noordvaal te kan speel. Op die oomblik fokus ons egter op die proses en hoe ons as ‘n span beter kan wees en ook as individue kan verbeter, op en van die veld af. Juffrou Zandrie en ‘Coach’ Mitesh moedig ons nie net aan om hokkie te speel en te wen nie, maar ook om as individue en jong dames te groei.
Wat is jou planne vir die toekoms? Ek probeer tans om matriek lewendig af te handel, dan kan ek behoorlik oor my toekoms dink. Sover weet ek net dat ek verder wil gaan studeer en my passie vir hokkie wil uitleef en verder ontwikkel.










