Verjaarsdag wense word waar by Abraham Kriel Kinderhuis
ADVERTISEMENT
Die oorgrote meerderheid van die 170 kinders in Abraham Kriel Kinderhuis sorg ʼn eg Suid-Afrikaanse mylpaal bereik: hul heel eerste Spur-verjaarsdagpartytjie!
Danksy jou finansiële bydrae kon ons kinders ʼn onvergeetlike gesamentlike verjaarsdagpartytjie geniet! Dit was ʼn kleurvolle dag propvol lekker lag, baie speel en hope bederf!
Buiten dat jy dit vir ons kinders moontlik gemaak het, het jy ook gesorg dat elke liewe kind voel dat hy of sy saak maak en ʼn verjaardagpartytjie verdien. Die gevoel van waardigheid is iets wat geld nooit sal kan koop nie. Dankie: jy het ons gehelp om 170 verjaarsdagwense waar te maak!










