Uitstekende prestasies vir die Laerskool Totius gimnaste
ADVERTISEMENT
Die volgende Laerskool Totius leerders het aan die Wes-Kaap Kampioenskappe vir Dames Artistiese Gimnastiek deelgeneem. Ons sê baie geluk aan Elizabet Olivier (vlak 5), Carla Louw (vlak 6) en René Nieuwoudt (vlak 6) wat hulle provinsiale kleure tydens die kampioenskappe verdien het. Mooi so, meisies!
Elizabet Olivier , Carla Louw en René Nieuwoudt
Suné Vermeulen het aan die Dames Artistiese Gimnastiek-kampioenskappe (vlak 4, o.10-afdeling) deelgeneem en is as die Suid-Afrikaanse kampioen aangewys. Ons is baie trots op jou!
Suné Vermeulen
Die volgende leerders het aan die Wes-Kaap Kampioenskappe vir Gimnastiek deelgeneem. Lana Snijman (o.12, vlak 1) eindig tweede, Melissa Venter (o.9, vlak 2) eindig derde en Emma Coetzer (o.12, vlak 1) eindig vierde. Baie geluk!
Lana Snijman (o.12) eindig tweede, Melissa Venter (o.9 2) eindig derde en Emma Coetzer (o.12)










