Sport prestasies vir Laerskool Rooihuiskraal
ADVERTISEMENT
Sport prestasies vir Laerskool Rooihuiskraal: Fietsry: Drie van Laerskool Rooihuiskraal se fietsryers het aan die interprovinsiale fietsry finaal gaan deelneem in Harrismith! Ons is trots op hierdie manne se uitstekende prestasies!
Van links na regs: Alexander Botha; Heindru Lombaard; Mnr. Christo Groenewald & Christoff Pieterse
Krieket: Delani van Dyk is gekies vir die Titans o.13 dogterskrieketspan. Wat ‘n merkwaardige prestasie is. Hierdie prestasie getuig van haar toewyding en passie vir die spel. Dit plaas haar onder die voorste jong kriekettalente in haar ouderdomsgroep. Baie geluk Delani!
Van links na regs: Mnr. Johann Jacobsz, Delani van Dyk, Juf. Carien Fölscher (Skoolhoof)
Ons atlete het tydens die vakansie, ‘n Atletiekkamp saam met die TuksAthletics-span, met groot sukses bygewoon. Ons is ongelooflik trots op elke atleet wat die geleentheid aangegryp het om deel te neem. Die kamp het nie net vaardighede geslyp nie, maar ook spanbou en karakter versterk. Ons sien met opgewondenheid uit na die seisoen wat voorlê en glo dat hierdie voorbereiding vrugte sal afwerp.













