Laerskool Volschenk se sportuitslae
ADVERTISEMENT
Vollies – 0/13 Netbaltoernooi – 11 Maart 2023
Kom ons gee ‘n Vollie-5 aan ons 0/13 dogters wat uit 19 skole ‘n 3de plek behaal het tydens die netbaltoernooi te Hoërskool Langenhoven.
Baie geluk en sterkte, Vollies is trots op jou.

Vollies – 0/13 Rugbytoernooi – 11 Maart 2023
Welgedaan aan ons 0/13 seuns wat behoorlik kragte gemeet het gedurende die rugbytoernooi te Hoërskool Oakdale. Hulle spog met 1 gelykop en 2 welverdiende wenne.

Vollies-Gholf
Jean-Prieur du Plessis is opgeneem in die 0/13 gholf span. Hy verteenwoord die SWD op 28 tot 30 April 2023 tydens die Robertson Triangular.

Jean Prieur
Baie geluk en sterkte, Vollies is trots op jou.








