Sport en Kultuurtoppresteerders van Hoërskool Jim Fouché
ADVERTISEMENT
Na afloop van Hoërskool Jim Fouché se sport- en kultuurdinee, deel ons met trots die volgende leerders as toppresteerders:
Roechelle van der Merwe (Beste Junior Sportspersoon)
Roechelle van der Merwe, ‘n Graad 10-leerder van Hoërskool Jim Fouché blink omtrent uit om verskeie gebiede. Sy verteenwoordig die skool op die hokkieveld, netbalbaan, kragoptel-mat en as ‘n akademiese presteerder.
Roechelle het onder andere vir kragoptel ‘n silwer medalje verwerf tydens die “South African Classic Powerlifting” kompetisie in Fochville. Sy gaan neem ook saam die nasionale span deel aan die “World Subjunior and Junior Classic and Equipped Powerlifting Championships” in Turkye. Sy is ook ingesluit in die Nasionale span wat aan die Statebondspele in Nieu-Seeland gaan deelneem. Tesame die bogenoemde is sy ingesluit in die Nasionale span wat aan die “African Classic Powerlifting Championship” in Morokko gaan deelneem. Sy is ook tydens die skool se sport-en kultuurdinee aangewys as netbal se beste o.16 speelster.
Roechelle van der Merwe – Beste junior sport
Len-Douglas Mac Kay (Beste Senior Sportspersoon)
Len-Douglas Mac Kay, ‘n matriekleerder, is onlangs as die beste senior sportspersoon van Hoërskool Jim Fouché aangewys. Len-Douglas Ingesluit in die Nasionale lewensredding span wat aan die Wêreld Kampioenskappe gaan deelneem in Italië. Hy is ook Ingesluit in die Nasionale span wat aan die Afrika Spele gaan deelneem in Egipte waar hy ‘n eerste plek in tube rescue behaal het.
Hy presteer ook op lewensreddingvlak in die swembad asook in die ope water: Word aangewys as die beste o/19-seun tydens die SA Klub Kampioenskap. Word aangewys as die beste o/19-seun tydens die SA Stilwater Kampioenskap. Vir swem behaal Len-Douglas drie eerste plekke en vyf tweede plekke tydens die SA Nasionale Swemkampioenskap in Port Elizabeth.
Len-Douglas Mac Kay , Beste senior sport
Junior Kultuurpresteerder : Suné Deacon
Suné Deacon is aangewys as die beste junior kultuurpresteerder van Hoërskool Jim Fouché: Sy neem deel aan redenaars, debat asook die Kunswedstryd. Vir redenaars dring sy deur na die streeksuitdunrondte van die ATKV redenaars en sy dring ook deur na die finale rondte van die Oppi-Tong Af kompetisie. By die Kunswedstryd verwerf Suné ‘n A++ vir Contempory dans.
Sy ook deel aan die Dink-of-Sink kompetisie en word daar dan ook aangewys as die beste taal gebruiker van die kompetisie.
Suné Deacon – Beste Junior kultuur
Senior Kultuurpresteerder: Lourens Van Niekerk
Lourens van Niekerk is onlangs aangewys as een van die 25 toppresteerders tydens die Nasionale Matrikulant van die jaar kompetisie. Hy presteer op verskeie kulturele en akademiese gebiede. Lourens van Niekerk Neem in 2022 deel aan die Oppi-tong Af. Verwerf A++ vir die Oorredingstoespraak en A++ vir die Goue Tong kompetisie. Hy neem ook deel aan die ATKV-tienertoneel waar hy ‘n bronsmedalje vir spel verower.
Lourens van Niekerk – beste senior kultuur










