Primêre Skool Jordania opvoeder skitter tydens “Talent Africa Nationals”
ADVERTISEMENT
Baie geluk Juf. San-Mari! Sy het in die vakansie deelgeneem aan “Talent Africa Nationals”, waar sy 7 Solo-sang items gelewer het en waarvan sy 4 goud en 3 silwer medaljes ontvang het. Sy is beoordeel deur 6 beoordeellaars, waarvan 2 vanaf Amerika is.
Juf. San-Mari Oelofse (student onderwyser) is gekies vir die SA-span wat gedurende die Junie/Julie vakansie van 2023 die Suid-Afrikaanse span tydens die IPAC (International Performing Arts) in New York/New Jersey in Amerika gaan verteenwoordig. Sy gaan ook die SA span vir die “Mediterranean Legends” tydens die September 2023 vakansie in Spanje verteenwoordig. Primêre Skool Jordania wens haar alle sterkte toe!
![]()










