Primêre Meisieskool Oranje se onder 13A-netbalspan behaal ‘n 8ste plek in die Land
ADVERTISEMENT
Primêre Meisieskool Oranje se o.13A-netbalspan behaal ‘n 8ste plek in die LAND! Die o.13A-netbalspan het 25 -26 Julie aan die SA Nasionale Skole Netbalkampioenskap te Pietersburg gaan deelneem.
Oranje het teen skole soos Oranje Noord, Glenwood, Zibkwane, Ribeeckstrand en vele meer gespeel.
Netbal van die hoogstaande gehalte was gespeel en van die wedstryde was baie spanningsvol en het die dogters hard gespeel om hul staal te wys.
Om in die top 8 in elke ouderdomsgroep te eindig, in die land, is ‘n ongeloooflike groot prestasie! Oranje is trots op ons kinders en ons juffrouens!

Van links: Engela Loock, Luvé Miles, Tatiana Oosthuizen, Emma Myburgh, Kaylin Hanekom, Lily Schutte, Mia Gericke, Kaylin Seekoei.









