Hoërskool Diamantveld tennisspanne presteer uitstekend
ADVERTISEMENT
Die seuns- en dogterstennisspanne van Hoërskool Diamantveld het gedurende die naweek aan die jaarlikse Marilie Moolman Tennistoernooi in Cradock deelgeneem. Hierdie toernooi is een van die bekendstes op die skooltenniskalender, en ons spelers het met groot ywer en deursettingsvermoë deelgeneem. Albei spanne het uitstekende sportmangees en toewyding getoon, en die resultate was soos volg:
Dogterspan:
- Verloor teen Menlopark: 9–0
- Wen teen Punt Hoërskool: 16–11
- Verloor teen Paarl Girls’ High: 8–1
- Verloor teen Eunice: 5–1
- Verloor teen La Rochelle: 5–2
Eindposisie: 8ste – onder die top 10 spanne van die toernooi.
Seunspan:
- Wen teen Marlow: 19–8
- Verloor teen Paarl Boys’ High: 23–4
- Wen teen Jim Fouché: 27–0
- Wen teen Grey: 16–12
- Verloor teen Stirling: 5–4
- Verloor Paarl Boys’s High: 12-8
Eindposisie: 4de – onder die top 12 spanne van die toernooi.
Die deelname aan hierdie toernooi het waardevolle ervaring gebied en sal beslis bydra tot die verdere ontwikkeling van ons spelers. Hoërskool Diamantveld is trots op elke speler se bydrae en prestasie.












