President Brand Primêre Skool karateka behaal die SA-span
ADVERTISEMENT
Tiisetso Moroeroe leerder van President Brand Primêre Skool is opgeneem in die Karate Suid-Afrika (KSA) span, wat gedurende Mei maand aan die Union of African Karate Fedederations (UFAK) Suid-streek toernooi deelneem. Sy behaal KSA kleure en beklee tans 1ste posisie vir Kata en 2de posisie vir Kumite in haar ouderdomsgroep, Nasionaal. Die UFAK Suid-streek toernooi vind vanjaar, 23 tot 25 Mei 2025, in Durban plaas.Baie geluk met hierdie puik prestasie!










