Personeel prestasie vir HTS Middelburg
ADVERTISEMENT
Met groot trots deel HTS Middelburg dat me. Anchen Bezuidenhout en me. Verolize Havenaar deur Mpumalanga Schools Netball gekies is om die provinsie by die gesogte All Ages Netbalkampioenskappe te verteenwoordig.
Me. Bezuidenhout is aangewys as afrigter van die o.16 A2-span, terwyl me. Havenaar die rol van spanbestuurder vir die o.18 A2-span sal vervul. Julle harde werk maak ’n verskil – nie net op die baan nie, maar ook in die lewens van die spelers wat onder julle leiding ontwikkel. Baie geluk met hierdie besondere erkenning en baie sterkte vir die kampioenskappe. Ons weet julle gaan vir julle spanne goud werd wees!











