Paul Roos VS Grey College: Grey Kollege o.19A rugbyspan
ADVERTISEMENT
Kom ondersteun die eerstespan rugby Saterdag 20 Augustus om 14:00 op Markötter:
AWSUM het met hul afrigter, Jannie Geldenhuys, gesels.
Wat kan die skool en ouers hierdie jaar te wagte wees van julle span teen Paul Roos?
Die seuns is ongelooflik opgewonde om die jaar op ‘n hoogtepunt af te sluit en kan nie wag nie. Die skool en ouers kan ‘n span vol ywer en rugby-lus verwag.
Waar sou jy sê lê julle krag hierdie jaar?
Die span van 2022 beskik oor ‘n ongelooflike samehorigheid onder mekaar. Die wil om vir mekaar opofferings te maak en by mekaar te staan is ongelooflik. Hierdie samehorigheid onder hulle gee dan ook aan elke speler die selfvertroue om homself te gaan uitleef in dit waarvoor hy ‘n passie het, met die wete dat sy spanmaats hom ten volle sal ondersteun.
Wat is die moeilikste aspek van `n skole afrigter se taak?
Die feit dat daar slegs 15 plekke in ‘n rugbyspan beskikbaar is, terwyl mens met soveel jong manne smet ongelooflike werksetiek en ywer sit.
Skole rugby word al hoe sterker, waarom sou jy sê is dit so?
Ek glo dit is as gevolg van die belangstelling wat ondersteuners toon teenoor skolesport. Ek glo die mooi van skolesport lê nog in die suiwerheid daarvan, dat jong kinders uitgaan en hulle self gaan uitleef in iets waarvoor hulle ongelooflik lief is. Ek glo hierdie belangstelling kweek dan betrokkenheid om vir hierdie spelers soveel as moontlik kanse te skep, sodat hierdie liefde en passie uitgeleef kan word.
Hier is die o.19A rugbyspan van Grey Kollege:
Alec McIntyre Binnesenter
Ranon Fouché Slot
Gunter Janse van Rensburg Heelagter
Ian van der Merwe Losskakel
Janco Scheepers Regtervleuel
Jean Erasmus Vaskopstut
Jean-Henri Smith Regterflank
JJ Theron Agtsteman
Marno Stoppforth Slot
Martin Botha Linkervleuel
Morne Diederichs Linkerflank
Nick Greyling Haker
Roux Heyns Skrumskakel
Tat Botha (k) Loskopstut
Ulrich Wahl Buitesenter
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.










