[Onderhoud] Tat Botha: Eerstespan rugbykaptein van Grey College
ADVERTISEMENT
AWSUM het met Tat Botha, Grey College se o.19A rugbykaptein gesels oor Interskole.
Wat is hoogtepunt van jou rugbyloopbaan tot dusver en wat is die hoogtepunt van jou span se seisoen sover?
My hoogtepunt van die jaar was om kaptein van die eerstespan te kon wees en die span se hoogtepunt is die sege oor Affies en Paarl Boys’ wat fenominaal was.
Hoe motiveer jy jou span?
Om elke lid in die span persoonlik aan te moedig.
Wie is jou onderkaptein en hoe staan hy by jou?
Gewoonlik is dit Bradley Giddy, maar by PRG is dit Ulrich Wahl. Hulle staan my by, deur my keuses op die veld te ondersteun en ons dink eenders.
Hoe is die samestelling van die span teen Paul Roos? Enige beserings?
Met die SA Skole – spelers wat verpligtinge na kom, sit ons nog steeds die beste span voor en het genoeg diepte.
Wat wil jul as n span die jaar bereik? Wat sal jou trots maak?
Indien ons vir PRG oorwin sal ons no.1 eindig en dit sal my trots maak en om te weet dat ons as `n eenheid afgesluit het.
Wat is jou planne vir die toekoms?
Ek kyk daarna om plaaslik rugby te kan speel en daarna in `n landbou – rigting te gaan studeer.
Klik hier vir die o.19A rugbyspan van Paul Roos Gimnasium.
Lees die digitale weergawe van die AWSUM Interskole koerant aanlyn hier.









