Ligbron Akademie vir Tegnologie seunshokkie bult spiere
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se seunshokkiespanne het verlede Woensdag hul eerste wedstryde in die Gert Sibandeliga teen Highveld Park High School van Secunda gespeel. Die eerste span se telling was 9-0 en die o.16’s het 7 doele teen 0 aangeteken.
Die Liggies se tuisveld het virseker ‘n bydrae tot hul sukses gelewer. Altwee die spanne het met passie en oorgawe gespeel, maar dit was hul uitstekende samespel wat vir twee goeie oorwinnings gesorg het.

Andries Burger

Ibrahim Jassat

Katlego Mogale (agter) en Mphilo Zulu

Regardt Schoonraad









