Ligbron Akademie vir Tegnologie eindig atletiekseisoen met trots
ADVERTISEMENT
Ligbron Akademie vir Tegnologie se 2024 atletiekseisoen het Saterdag tydens die TWK Hoëveld Interhoër Atletiekbyeenkoms deur Hoër Volksskool Heidelberg op hul tuisveld aangebied is, tot ‘n einde gekom. Die Liggie atlete het in totaal 45 medaljes huis toe gebring en heelwat individuele prestasies behaal. Drie atlete het trofeë ontvang: Angela Brefo (o.14) het die trofee ontvang vir die beste junior meisiesnaelloper. Die beste senior meisiesnaelloper was ook ‘n Liggie, Brenda Kirsten (o.19). Katlego Sibiloane (o.15) was die beste junior hekkies atleet. In die 3000 S/19, het Samkelisiwe Mamba in ‘n uitstekende wedloop, tweede geëindig. Hy het saam met die wenner die vorige rekord vir die wedloop gebreek.
Van die 45 medaljes is 11 goud, 14 silver en 20 brons. Die Liggies is baie trots op die atlete wat meer as een medalje verower het. Franco Groenewald (o.16) het silwer en brons vir sy veld-items ontvang. Ruben Kruger (o.19) het drie silwer medaljes ontvang vir gewigstoot, diskus en spiesgooi. Katlego Sibiloane (o.15) het twee goue medaljes losgehardloop. J.P. Potgieter (o.15) ontvang twee brons medaljes vir sy velditems. Nicole Struwig (o.19) verower drie brons medaljes vir diskus, gewigstoot en spiesgooi. Niyanda Malinga (o.16) hardloop twee goue medaljes los. Angela Brefo ontvang een goue en een silver medalje vir haar baanitems Brenda Kirsten (o.19) ontvang goud vir die 100 en 200m. Alzira Potgieter (o.15) ontvang goud en brons op die baan en Ruan van Zyl (o.14) ontvang twee brons medaljes vir sy velditems. Algeheel het Ligbron vyfde geëindig, met hul seunsspan in die vierde plek en hul dogtersspan in die vyfde plek. Die Liggies kyk terug op ‘n goeie atletiekseisoen.

Alzira Potgieter

Brenda Kirsten beste senior baan atleet

die Blou Masjien_Ligbron se Interhoër atletiekspan van 2024

Katlego Sibiloane beste junior hekkies atleet

Ruben Kruger

Saneliso Mamba breek rekord in 3000m

Angela Brefo beste junior baan atleet
Foto krediet aan: Natasha Marx en Natasha Ronquest









