Laerskool Worcester-Oos onderwyser kry groot naam by krieketklub
ADVERTISEMENT
Mnr. Tiaan Grobler is aangewys as die Overberg Eagles krieketklub se afrigter van die jaar. Hierdie klub vorm deel van die Boland T20. Mnr. Tiaan het vanaf Augustus tot November die Overberg Eagles se o.12-krieketspan afgerig. Ons eie OOSie, Seth Fisher, vorm ook deel van hierdie span. Dié o.12 span het in die Eagles se eerste bestaansjaar die uitspele van die toernooi gehaal. Baie geluk meneer Tiaan!












