Laerskool Worcester-Oos gimnas is deur na die Wes-Kaap kompetisie
ADVERTISEMENT
Laerskool Worcester-Oos gimnas Liandri van Reenen (graad 2) het Saterdag, 18 Mei, aan die Kaapse Wynland gimnastiek distrikproewe deelgeneem in die Paarl. Sy het dit baie geniet en het ‘n algehele silwer medalje gekry. Sy is ook deur na die Wes-Kaap kompetisie wat 7-9 Junie in Saldanha gehou word.
![]()










