Laerskool Swartkop hengelaar maak geskiedenis by die Roodekoppiesdam
ADVERTISEMENT
Nuwe SA Junior Rekord vir Iwan Bonnema! Op Saterdag 13 September, tydens die Salmo Artlure Klub-kompetisie, het jong Iwan Bonnema in Gr.4 by Laerskool Swartkop geskiedenis gemaak by Roodekoppiesdam. Hy het ’n massiewe 17.3 kg karp geland – en daarmee die Suid-Afrikaanse junior Artlure-rekord gebreek, wat sedert 2002 onbetwis gestaan het. Die rekord sal nou amptelik ingedien word, en daarmee skryf Ivan die geskiedenisboeke oor.
Baie geluk met ‘n bielie van ‘n karp Iwan!










