Laerskool Secunda Medialeiers 2026
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Laerskool Secunda Medialeiers van 2026! Ons is trots op elkeen van julle wat verkies is om as medialeiers vir 2026 te dien. Julle is gekies omdat julle die hart het om ’n verskil te maak. Doen met toewyding wat die Here aan jou toevertrou, en blom daar waar Jesus jou geplant het. “As dit is om ander op te beur, lê jou daarop toe. As jy materiële ondersteuning kan gee, doen dit sonder bymotiewe. As God aan jou leierseienskappe gegee het, hanteer dit met toewyding. En as jy die gawe het om ander in hulle nood by te staan, doen dit met ’n vrolike hart.” — Romeine 12:8
Medialeiers 2026:
- Shanté Boonzaaier
- Monique Burger
- Caylee Doyle
- Alexis Grové
- Annabel Kleynhans
- Joshua Olckers
- Elrin Prinsloo
- Emily Ruthven
- Lisa Veldman
- Gideon Visser










