Laerskool Randhart se harte bars van netbal trots
ADVERTISEMENT
Laerskool Randhart se harte bars van trots! Die Ranties se o.12-netbalspan het die bronsmedalje by die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe in Polokwane losgeslaan! Uit 9 kragtige wedstryde het ons dapper dogters slegs 1 verloor – ’n bewys van hul deursettingsvermoë, spanwerk en ongelooflike talent. Julle is ware kampioene in ons oë en verteenwoordig die Ranties met soveel trots, passie en gees! Baie geluk, dogters!












