Laerskool Randhart pom-poms-dogters gee alles vir die Cheerleading-kompetisie
ADVERTISEMENT
Die Laerskool Randhart pom-poms-dogters het op Vrydag 19 Julie aan die 90.6fm Cheer-off Cheerleading-kompetisie te Vanderbijlpark deelgeneem. Hierdie dogters maak altyd seker hulle bring hulle groot strikke, goeie ritme en passie vir uitmuntende dansaksie na elke geleentheid waar hulle optree en sorg vir genotvolle vermaak. Hulle het met ‘n uitstekende 2de plek weggestap en neem ‘n eerste plek in ons RandHarte!










