Laerskool Montagu leerder het aan die Laser Run Wes-Kaap Kampioenskappe deelgeneem
ADVERTISEMENT
Laerskool Montagu leerder Ben Joubert het aan die Laser Run Wes-Kaap Kampioenskappe in Oudtshoorn deelgeneem in die o.9 seuns-afdeling – en ’n pragtige 3de plek behaal! Die formaat van Laser Run is intens: Hy het 50 sekondes om 5 kolskote te skiet, hardloop dan 300m, moet weer 5 kolskote in 50 sekondes skiet en hardloop dan ‘n laaste 300m tot die eindstreep. Ons is trots op jou deursettingsvermoë en prestasie, Ben!
![]()










