Laerskool Hennopspark stoeiers wys hul staal
ADVERTISEMENT
Op 28 Februarie het Laerskool Hennopspark se stoeiers aan die Ekurhuleni Ope by die Gauteng-Noord Stoeisentrum deelgeneem, waar hulle teen sterk kompetisie van verskeie klubs meegeding het. Die dag was gevul met uitstekende sportmanskap, deursettingsvermoë en indrukwekkende prestasies van ons leerders. Ons stoeiers het weereens hul staal gewys en Laerskool Hennopspark trots gemaak.
Uitslae:
Markus van Staden – 1ste plek (O/6)
Christiaan Krüger – 1ste plek (O/9 Freestyle)Nico vd Spuy – 2de plek (O/10 Freestyle, 26.2–28.6 kg)
Wichard Cilliers – 1ste plek (O/9 Freestyle)Wichard Cilliers – 2de plek (Greco-Roman Presidente)
Wichard Cilliers – 3de plek (Freestyle Presidente)
Christiaan Mitchell – 2de plek (O/8 Freestyle)
Slade Armstrong – 2de plek (O/10 Freestyle, 23.3–25.3 kg)
James Mitchell – 3de plek (Presidente, 57–63 kg)
Matthew Theunissen – 3de plek (O/13 Freestyle, 40.3–42.3 kg)
Baie geluk aan al ons stoeiers met hul uitstekende prestasies. Julle harde werk en deursettingsvermoë maak ons ongelooflik trots!
















