Laerskool Hennopspark rugbyspelers gekies vir die o.13 Noord-Transvaalspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Alek Coetzee, Liam Stassen, Ashley Dunmore, Philip Hechter, Ryan Bester, Christiano Sinden en Dandre Joubert wat vir die o/13 Noord-Transvaalspan gekies is! Hierdie uitsonderlike prestasie is ‘n bewys van julle harde werk en talent. Die span sal van 7 tot 11 Julie aan Bokkieweek in Naboomspruit deelneem. Ons is trots op elkeen van julle en wens julle sterkte toe vir hierdie opwindende geleentheid.










