Laerskool Gericke sport sterre skitter
ADVERTISEMENT
Laerskool Gericke sport sterre skitter
Tennis
Divan Myburgh is as no. 4 vir die o/13 Kavaliers Platteland tennisspan gekies! Welgedaan, Divan!!

o.11 Handri Westman Tennistoernooi: Beide seuns- en dogterspanne neem deel in die B-afdeling.
Seuns
- Wen vs Gene Louw 18-0
- Wen vs Lutzville 18-0
- Wen vs Welgemoed C 18-0
- Verloor semi-final vs De Hoop C 6-12
- Wen uitspeel vir 3de/4de plek vs Lutzville 17-1
Seuns eindig 3de en ontvang Bronsmedaljes!
Dogters
Gelykop vs Brackenfell 9 elk:
- Wen vs De Hoop C 11-7
- Verloor vs Welgemoed 4-14
- Verloor vs De Hoop B 7-11
- Verloor vs Gene Louw 6-12
Dogters eindig 5de, wat eintlik baie goed is as ons in ag neem dat drie van die vier dogters nog eintlik o.10 is. Hulle het dit almal baie geniet en ons is baie trots op hulle!

vlnr: Ruben Giliomee, Hugo Wium, Gerrit Herholdt en Zachary Watt.
Fietsry
Zak Burmeister het Saterdag aan die Hills Challenge te Doringlaagte in Montagu deelgeneem. Hy het die 32km rit suksesvol voltooi. Baie geluk, Zak!










