Laerskool Ellisras redenaars laat die tonge klap
ADVERTISEMENT
Agt leerders van Laerskool Ellisras die Redenaars het na die semi-finale ronde van die ATKV (Limpopo) deurgedring en het hul standpunte en argumente op 22 Mei by Hoërskool Nylstroom voorgelê. Hierdie kultuurkraaie het hul skool baie trots gemaak en besonder die sprekers wat onder die top 10 sprekers geeindig het. Busisa Mashego en Leahnique van der Schyff gaan aan die finale ronde op 12 en 13 Augustus die ATKV Klein-Kariba oord deelneem.
voorste ry van links na regs: Busisa Mashego (tweede posisie),Leanique van der Schyff (eerste posisie),Ute Denysschen (7de posisie)
agterste ry van links na regs:PG Steenekamp (7de posisie),Dylan-Ross van Wyk,Mnr Gustav Grobler,Li-Ane Haasbroek (4de posisie),Jannica Swart (8Ste posisie) afwesig tydens die foto: Christien Snyman










