Laerskool Bosveld leerders geniet ‘n opwindende leierkamp 2023
ADVERTISEMENT
Laerskool Bosveld leerders geniet ‘n opwindende leierkamp 2023. Die tyd het uiteindelik aangebreek! Die tyd waarvoor elke graad 7-Bossie-leerlingraad gewag het…Leerlingraad-kamp 2023! Saterdag 21 Januarie het die leerders tesame met 5 onderwysers, na Jubaweni buite Nylstroom vertrek. Dit was `n naweek propvol opwindende aktiwiteite, soos die hindernisbaan, literiabaan, swem, zipline en leierskap opleiding sessies. Mnr H. Human en Mnr W. Koen het ook die zipline aangedurf.
Sondag-oggend was elke kind moeg en het hulle uitgesien om terug te keer huis toe na die avontuur. `n Groot dankie aan Jubaweni vir hul gasvryheid en die Bossie-onnies wat die leerders vergesel het.














