Laerskool Bellville-Noorder vaar puik in skiet
ADVERTISEMENT
Veels geluk aan Darius Vrey ‘n Gr. 3 leerder van LaerskoolBellville-Noord wat as beste skut in die o.13-afdeling aangewys is by die WPFTA Kampioenskappe en dus WP-kampioen in die Hunter Field Target luggeweer-afdeling is. Die kompetisie het plaasgevind op 26 en 27 Februarie te Paarl in temperature van 35 tot 38 grade Celsius.
Hy het in aanloop vir toelating tot die kampioenskappe 4 keer in 7 liga-kompetisies as beste skut uit die stryd getree, en was 2de in die ander 3 liga-kompetisies. Dit is Darius se eerste jaar in hierdie sport en dus werklik ‘n puik prestasie, veral as o.9-leerder wat teen o.13’s deelneem.
![]()










