Laerskool Bellville-Noord se bergfietsklub geniet hul wedrenne
ADVERTISEMENT
‘n Trotse mnr. Johann Mostert (skoolhoof) het Laerskool Bellville-Noord se Bergfietsklub Saterdag, 6 April, by ‘n WC Schools League-byeenskoms gaan ondersteun. Dit was die tweede wedren vanjaar en het plaasgevind op die plaas Ridgeback in die Agter-Paarl-omgewing. Jonge dame Abigayle Pieterse het nou al haar tweede eerste plek in twee wedrenne losgetrap. Sy ry in die Sub Nibber Girls-afdeling wat een korter rondte ry. In hierdie wedren het sy teen 17 ander meisies deelgeneem.
Die klomp klublede ondersteun mekaar geweldig goed en is werklik bly vir elkeen wat die onderskeie wedrenne voltooi, of jy nou eerste is of later klaarmaak. In van die wedrenne is daar tot meer as ‘n 100 ryers op ‘n slag en daar word van een kort rondte tot drie lang rondtes gery volgens die verskillende afdelings of ouderdomsgroepe.

Die klomp saam met mnr. Mostert net nadat Abigayle klaargemaak het.

Abigayle Pieterse









