Laerskool Bellville-Noord reik kort voor Kersfees uit na ‘n dorp in die Karoo
ADVERTISEMENT
Met die aanbreek van die vakansie het Laerskool Bellville-Noord vir ‘n laaste keer in 2024 uitgereik na die Donald Duck Pre-primêre Skool op Laingsburg. In die weke voor die vakansie is klere, speelgoed, skoene, leesboeke asook vele ou naslaanboeke bymekaar gemaak om in die vakansie in die Karoo af te lewer. Ons het ook vir die lede van Laingsburg se Karoolelies Bejaardesklub ‘n hele paar geskenkies opgemaak om hul kersfees daar in die warm en droë Karoo op te vrolik. Danksy ‘n skenkings vanaf Ampath Wes-Kaap kon ons ook drie groot bokse vol ou (ongebruikte) hospitaaljurke en ander beskermende kleredrag by die hospitaal op Laingsburg aflewer. Hul was ook baie dankbaar hiervoor.
Hier is die mense op Laingsburg wat die bokse en sakke in ontvangs geneem het. Van links na regs: Cathereb Spogter, Judith Grootboom, George Meyer, Marie Hermanus, Enice vd Westhuizen, Lehana Smith
Zoë Brink en Mianay van Niekerk help hier om ‘n paar van die bokse wat tydens die vakansie op Laingsburg afgelewer sou word bymekaar te sit.
Die Nelson-gesin is een van die gesinne en Vriende-van-Bellville-Noord wat ‘n bydrae tot die uitreik gemaak het. Hul het ‘n klomp geskenkies opgemaak vir die lede van die Karoolelies Bejaardesklub asook speelgoed vir die kleuterskool geskenk. Hier kom lewer hul dit by die skoolbussie af. Van links na regs is Amelia, pa Konrad en ousus Elaine.










