Laerskool Bellville-Noord geniet n uitstappie na Houtbaai
ADVERTISEMENT
Die Groentjiesklub van Laerskool Bellville-Noord het twee keer die afgelope naweek op ‘n bootvaart vanaf Houtbaai na Duikereiland gegaan. Die kinders het die uitstappie baie geniet. Vir ‘n paar was dit die eerste keer ooit dat hul op die see vaar al woon hul in die Skiereiland. Hulle het ook die eetplekkies en ander besighede op die Houtbaai Hawe na afloop van die bootvaart ondersteun.
Die onderwysers wat die Groentjies Saterdag vergesel het is vlnr. me. Marianke Swart, mnr. Tiaan Lotz en mnr. Jahno Geldenhuys.
Die klomp verkyk hul aan die robbe op die klein eilandjie in die see. Hul kon nie glo hoe naby die boot aan die eiland kon vaar nie.










