Laerskool Aliwal-Noord Prysskiet
ADVERTISEMENT
Laerskool Aliwal-Noord is baie trots op Abigail Mostert en Frieda-Marie Labuschagne wat die afgelope naweek aan die SANSSU Prysskiet by Hoërskool Aliwal-Noord deelgeneem het. Al twee die skuts vaar baie goed in die o.14 3P-klas. Abigail behaal ‘n 11de-plek en Frieda-Marie ‘n 3de-plek uit 53 deelnemers. Luggeweerskiet is ‘n baie gedissiplineerde sport wat ure se oefening en konsentrasie verg. Welgedaan Alies! Ons is trots op julle.
![]()










