Laerskool Aliwal-Noord beleef suksesvolle rugbytoer in Bloemfontein
ADVERTISEMENT
Leerders van Laerskool Aliwal-Noord het van 25 tot 27 Maart aan ’n opwindende rugbytoer in Bloemfontein deelgeneem, waar hulle teen sterk teenstanders by Laerskool Bloemfontein kragte gemeet het.
Die o.11-span het die toer sterk afgesluit ná ’n moeilike begin. Op die eerste dag moes hulle die knie buig teen Fichardt Park A met 32–5. Die span het egter indrukwekkend teruggeveg op dag twee met oorwinnings van 17–10 teen Dagbreek A en 15–0 teen Senekal A. Op die laaste dag het hulle hul goeie vorm voortgesit deur Laerskool Bloemfontein met 22–12 te klop.
Die o.13-span het teen taai opposisie te staan gekom. Op dag een het hulle teen Dagbreek A verloor met 66–5. Dag twee het gemengde resultate opgelewer met ’n 17–5 nederlaag teen ML Fick, gevolg deur ’n sterk oorwinning van 31–17 teen Eureka. Op die laaste dag het hulle teen De Aar gespeel, maar ongelukkig 36–0 verloor.
Ten spyte van die uitdagings het beide spanne waardevolle ondervinding opgedoen en groot spanwerk en deursettingsvermoë getoon. Die toer het nie net rugbyvaardighede verbeter nie, maar ook spanbinding en sportgees versterk.
LSAN kan trots wees op hul spelers se toewyding en houding gedurende die toer.
NETBAL
Die o.12A- en o.13A-netbaldogters het vanaf 25 tot 27 Maart aan die ITEC-netbaltoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Dit was vir die dogters ’n baie waardevolle ervaring waar hulle teen sterk spanne meegeding het en hul vaardighede verder kon ontwikkel. Die spangees, deursettingsvermoë en sportmangees wat deur die spelers getoon is, was besonders en ons is baie trots op elkeen se deelname en houding op en langs die baan.
Baie dankie aan Juffrou Nicole en Juffrou Coline wat die dogters tydens die toernooi vergesel en ondersteun het. Julle betrokkenheid en begeleiding het ’n groot bydrae tot die suksesvolle toer gelewer.
u.12 Results
- Won vs De Aar A: 6–4
- Lost vs Southbourne A: 8–1
- Won vs Prieska A: 10–2
- Won vs Tjokkies B: 3–2
- Lost vs Dagbreek A: 0–5
- Lost vs Trio B: 5–3
- Won vs Willem Postma B: 4–2
- Won vs Jacobsdal Al: 8–0
- Won vs Brandwag B: 8–1
- Won vs FHP C: 9–2
- Won vs FHP: 6–3
- Won vs Reitz B: 10–0
- Won vs Bloemies B: 6–3
u/13 Results
- Won vs Truida Kestel A: 3–0
- Lost vs Louw Geldenhuis Primary A: 4–2
- Lost vs Southbourne A: 1–5
- Won vs Tjokkies B: 8–3
- Won vs Fichardtpark B: 7–1
- Draw vs Hoopstad A: 4–4
- Won vs Trio B: 4–2
- Lost vs De Aar A: 4–7
- Won vs Prieska A: 9–2
- Lost vs Brebner A: 8–3
- Won vs Reitz B: 9–1










