Laer Volkskool tweekamp uitslae
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het die SA Tweekamp kampioenskap in Oudtshoorn plaasgevind. 910 atlete vanuit al die provinsies in Suid-Afrika het hieraan deelgeneem. Vier atlete van Laer Volkskool het die Oostelike Provinsie verteenwoordig en pragtige uitslae behaal. Twee van ons atlete was in die top 10 van Suid-Afrika! Elmaré Naudé het ‘n silwer medalje gekry vir haar tweede plek by dogters o.11. Dis ‘n reuse prestasie!
- JJ van Schalkwyk het hard geveg vir 7de plek uit 90 seuns by o.11.
- Minke Marincowitz was 64ste by dogters o.13.
- Ross Mac Leod was 52ste by seuns o.13.
Hierdie leerders ontvang dan ook Erekleure vir hulle deelname aan ‘n Nasionale byeenkoms. Baie geluk, ons is werklik trots op julle harde oefening en pragtige uitslae.
![]()










