Laer Volkskool swemmers ontvang half-erekleure
ADVERTISEMENT
Die swemseisoen staan amper einde se kant toe. Die volgende Laer Volkskool leerders het vandag tydens opening half-erekleure vir swem ontvang. In die Interdistrikte afdeling is die vereiste dat die leerders aan meer as een individuele slag deelneem op distrikte vlak en ook aan die aflosse. Die volgende leerders het gekwalifiseer: Zenicke van Schalkwyk, Markus van der Ahee, Uné Groenewald, AW Lambrechts en JJ van Schalkwyk. Annabelle Kruger het deelgeneem aan die SA vlak-2 gala en dus verdien sy ook half-erekleure vir swem. Baie geluk aan al hierdie swemmers. Ons is geweldig trots op julle!
Agter: AW Lambrechts Middel: Zenicke van Schalkwyk, Une Groenewald, Annabelle Kruger Voor: Markus van der Ahee, JJ van Schalkwyk.










