Laer Volkskool swemmer skitter aan die NMBA-swemkampioenskappe
ADVERTISEMENT
JJ van Schalkwyk het vanaf 13 tot 15 Desember 2024 aan die NMBA-swemkampioenskappe te Port-Elizabeth deelgeneem. Hy het ‘n silwer en 4 brons medaljes gewen en is opgeneem in die NMBA-span wat teen ander distrikte te staan kom. Op 11 Januarie 2025 het die NMBA-span in George deelgeneem aan n Interdistrikte gala. Hier het JJ ‘n silwer en ‘n brons medalje los geswem. Laer Volkskool is trots op jou harde werk tydens die Desember vakansie, JJ!
![]()










