Hugenote Laerskool spog met swem prestasie
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Reynhardt Grobler en Mali Louw leerders van Hugenote Laerskool wat die afgelope vakansie aan die Wes-Kaap Swemkampioenskappe in Somerset-Wes deelgeneem en ongelooflike prestasies behaal het.
Mali het haar persoonlike beste tye in al haar items verbeter – ’n wonderlike prestasie wat harde werk en toewyding weerspieël!
Reynhardt het ook al sy persoonlike bestes verbeter én medaljes in die volgende items losgeswem:
- 50m Vryslag – Goud
- 100m Vryslag – Silwer
- 100m IM – Silwer
Ons is ongelooflik trots op hierdie swemsterre!












